Hosanna is 'n Christelike Suid-Afrikaanse bediening waarin God vir dr. Leonie Pretorius as leier opgerig het. Ons stel met trots Hosanna se app bekend, waarop die Goeie Nuus wyer verkondig word en 'n intiemer verhouding met die Hosanna-gemeenskap gebou kan word.
Gebruikers kan die volgende op die app vind en doen:
*Preke en boodskappe kyk
*Die Hosanna-span ontmoet
*Die Bybelvasvra-speletjie speel
*Sweef-dagstukke gratis lees
*Getuienisse deel
*Hosanna se blog volg
*Weeklikse nuusbriewe lees